“We are living a death denying, youth worshipping culture.” Ons moet vrede maak daarmee dat die Dood ons konstante metgesel is. Moenie dink jy of jou geliefdes is te jonk, te gesond of te wat ookal vir die Dood nie. Die Dood laat hom nie vertel nie.
En nee, ek is nie morbied nie, dit was die boodskap gister by die begrafnis van die babadogtertjie. Dit was hartseer, maar dit het my ook nuwe geloof in die mensdom gegee om te sien hoe mense kan hande vat en kan laer trek om hul geliefdes en vriende in ‘n tyd van hartseer en nood.
Wys elke dag jou liefde en waardering vir jou geliefdes, want niemand van ons ken ons bepaalde uur nie.
Maar vier ook elke dag die lewe:
Life
After a while you learn the subtle difference
between holding a hand and chaining a soul.
And you learn that love doesn’t mean leaning
and company doesn’t mean security
And you begin to learn that kisses aren’t contracts
and presents aren’t promises.
And you begin to accept your defeats with your head up
and your eyes open and with the grace of an adult,
not with the grief of a child.
And you learn to build all your roads on today
because tomorrow’s ground is too uncertain for your plans.
After a while you learn that even sunshine burns
if you get too much.
So… plant your garden and decorate your own soul
instead of waiting for someone to bring you flowers.
And you will learn that you really can endure –
that you really are strong.
And you really do have worth
Anonymous
Dankie
“So… plant your garden and decorate your own soul
instead of waiting for someone to bring you flowers.”
Dit is wat die Engelsman “profound” noem. Wens ons kan almal die absolute wysheid hiervan insien, onthou en leef sonder om alewig op ander staat te maak vir ons eie geluk.
Anne-marie
Die gedig wat jy hier gebruik is besonders- Dankie ( Ek sien dis anoniem , maar indien ek dit dalk wil gebruik , is daar ‘n bron/bundelverwysing? Terwyl ek dit lees het ek gedink aan die klassieke lied van Louis Amstrong ” What a wonderful world”
Quintus – hierdie gedig besit ek al vir baie jare, gedruk op ‘n pragtige gelamineerde bladsy. Dit trek so saam met my van kantoor tot kantoor. Mens kyk mos soms goed mis as jy dit so lank besit, maar nou die dag het die woorde my weer getref en het ek dit weer ‘n slag behoorlik gelees.
Onderaan staan net Anon. Ek het geen idee wat die oorsprong is nie, dalk kan mens dit google. Maar gebruik dit met plesier, dis sulke waar woorde 🙂
En wie laaste lag is die Skoppensboer
Is nie, ek lag altyd laaste…
Ek dink gladnie dis morbied nie, bloot ‘n feit wat ons in die gesig staar.
Dis nie morbied nie, feit is, as jy nie vrede maak met die feit dat dood jou konstante metgesel is nie, gaan jy bitterlik sukkel om waarlik te lewe.