Gedagtes

Ek weet nie

Ek weet nie wat om te doen nie, ek sit nou maar net hier en wag om huis toe te gaan. Ek wil hierdie dag nooit weer oorhê nie. Skryf daaroor gaan dit nie beter maak nie, maar dalk help dit my beter voel. Al glo ek amper nie.

Hoe bel ‘n mens jou kollega wat vanoggend douvoordag op ‘n “field trip” vertrek het en sê vir hom hy moet omdraai, want sy babadogtertjie van 5 maande oud, sy eerste en enigste kind, het vanoggend sommer net ophou asemhaal? ‘n Dogtertjie met wie hy net gister nog hier in die gange geloop en spog het. Wat oopmond vir ons gelag het?

Dis wat ek vandag moes doen.

‘n Kollega wat in sy haas om betyds te wees vanoggend sy selfoon by die huis vergeet het. ‘n Vrou wat in haar haas om hul dogtertjie by die hospital te kry, ook haar foon iewers verlê het, nie weet hoekom haar man nie sy foon antwoord nie en in haar verwardheid net sy kantoor nommer kan onthou. ‘n Hospitaal wat my bel en vra of ek hom kan opspoor en laat weet.

En ek wat een van sy mede-kollegas, wat saam met hom is, moet bel en vra om die motor te stop dat ek die nuus aan hom kan oordra, want daar is net geen ander manier om dit sagter of beter te doen nie. En ‘n man wat twee ure lank ‘n terugrit moet verduur, oppad terug met hierdie wete.

Hierdie dag is te veel vir my. Pas julle kinders op, pas almal op vir wie jy lief is. Niemand weet hoe môre lyk nie.

14 thoughts on “Ek weet nie

  1. Ek het nou al n paar maal by hierdie post kom draai, hier vertoef in die hoop om die regte woorde te vind, en dan maar weer gedwee weggestap. My hart gaan uit na daardie gesin. Ek het ontsaglike empatie vir dit wat jy moes doen. En terselfdertyd het ek net weer besef hoe verganklik tyd werklik is. Daar is GEEN sekuriteit in hierdie lewe nie. As dit so vinnig van n onskuldige klein baba weggevat kan word, hoeveel te meer nie vir my wie dit ‘meer verdien’ nie. Dankie vir die deel hiervan en sterkte met dit wat vir julle in die komende tyd op kantoor voorle.

  2. Ai nee, dis verskriklik. Ek sal nooit die dinge verstaan nie. Ek is bly jy moes met hom praat – ek is seker jy het dit met die meeste simpatie en die mooiste manier ooit gedoen- want dis die tipe mens wat jy is. God het daai takie vir ou gestuur om ander te help. Liefde vir jou.

  3. O wee jy ek is bly ek was nie in jou skoene nie. Net die anderdag vertel ek vir iemand, ek kannie sulke goed hanteer nie. Ek kom soms emosioneel koud voor, juis oordat ek net nie weet hoe om dit te hanteer nie.

  4. PJ – dit was my eerste gedagte ook. Dis net nie bleddie fair nie. Die ding kou my, dit flippin kou my. Daai is ‘n goeie man en pa, en nou dit. Ek weet dis nie vir my om te bevraagteken nie, maar ek sukkel met hierdie een. Ek flippin sukkel!

  5. Ai Sonnetjie, dis AAKLIG! Dis seker een oproep wat jou hele lewe by jou sal bly. Maar dink asb só daaraan—— dat dit eerder jý, die een met ‘n hart, moes wees om die nuus oor te dra, omdat jy dit met liefde kon doen, as ‘n onpersoonlike nooddienste personeellid.
    Sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s