Gedagtes

Skepe in die nag

Hierdie inskrywing van Rosalind spook nog heeltyd by my en het my eie eenkeermens-spoke laat opstaan.

(Dalk kan ons dit ‘n tag-speletjie maak LOL!)

Daar is soveel mense wat net een keer jou pad kruis en sommige kruis dit met so ’n impak dat jy hulle nooit weer vergeet nie.

Ek was maar nog ’n bogkind toe ek hom gesien het, maar ek wonder vandag nog oor die mooi blonde man met die stem van ’n engel, daar in Victor Verster-tronk, in 1972. Hoekom was hy daar en waar is hy vandag, as hy ooit nog leef?

Waar is die twee army-outjies wat die ongeluk gemaak het een donker nag op die Agter-Paarlpad, in die 1980’s? Ek het die een nog warm gehou met ‘n kombers wat in ons motor was. Die ambulans het hulle weggevat en ek het nooit hulle name gevra nie. Ek wonder vandag nog oor hulle.

Wat het van die rowwe biker geword wat hierdie 18-jarige dom Kaapse plaasjapie gered het met ’n bakleiery in Jacquelines in Pretoria en gesorg het dat ek veilig terug by my blyplek kom?

En die drie meisiekinders wat sommer net nou die Saterdagmiddag langs die N1 gaan staan het? Wat skoon verwonderd was omdat ek van die teenoorgestelde kant af gaan omdraai het om te hoor wat is fout. En toe gery en vir hulle gaan petrol haal het, want ek het ook ’n meisiekind en ek sou wou hê dat iemand haar dalk eendag veilig sal help as sy ook in die nood is. Sorg hulle nou dat hulle genoeg petrol het as hulle gaan rondry?

Daar kom ook nog baie dae dat ek oor hierdie manne wonder – vir my was hulle so ver van hul vaarwater. Hoekom was hulle daardie dag daar en waarheen was hulle oppad? Met hul ou Ford Cortina bakkie en hul Princeton sigarette.

Maar die een wat ek NOOIT sal vergeet nie, is die een met die onthou-blou oë op die bus tussen Kaapstad en Pretoria. Die een wie se oë my gekeer het om die fout van my lewe te gaan maak, omdat hulle my herinner het aan ‘n ander paar net-sulke-blou oë.

Ja, dis die skepe-in-die-nag mense, die een-keer-en-nooit-weer mense, wat soms vir altyd by mens spook, wat ’n onuitwisbare merk op ons lewens laat.

11 thoughts on “Skepe in die nag

  1. BB en cat – now THAT would be telling, don’t you think?😆

    Wel, as ek nou reg onthou, dis so lank terug, dan was dit so baie baie vroeg in die 80’s😉

    Dit was in my jaar in die army, in Voortrekkerhoogte, na die basies op George. En ek was meer as een keer in Jacquelines – die plaasjapie het gou slim geword😈

  2. Ag maar dis mooi geskryf – ek wil ok weet wanneer was jy 18 en in Jackies – want ek was moontlik ok daar. Ek wonder baie oor daai vroue van die man wat my man eindeloos probeer CPR het, verniet. En oor die vrou wat metr trane in haar oë vir my gevra hat of my 2ling IVF babas was (ja, sy wou natuurlik ok hê).

  3. 😯 Waffer jaar was jy 18 en in Jacquelines??

    En daar’s jy sommer 3 meisiekinders op een slag se ‘eenkeermens’… 😉

  4. One day in one room- Ek het op tv eenkeer een van daai typical medical dramas gekyk die dokter is ‘n ou siniese vark wat mense haat maar die rape pasient wil met hom praat al wil hy nie met haar praat nie. Maar so sê die meiskind iets in die lyn van ons lewens wat bestaan uit oomblike- in kamers, en partykeer is daar mense saam met ons in daai kamers. Ons lewens word bepaal deur daai kamers en daai mense en daai dae. en soms deel ons iets met hulle en soms deel ons niks. maar die impak van die oomblik vorm deel van wie ons is.

  5. Ai tog, hoe ver vat jy my nou terug—het ok sommer gou ‘n draai by Rosie en X-sonkind gemaak.Ja, jong, daai skepe in die nag mense, wat partykeer so ‘n diep spoor los, dat hulle nooit kan vergeet nie.
    Ek sal maar bietjie moet gaan terugloop op onthou paaie en hulle gaan afstof.
    Thanx vir hierdie een.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s