Raak gelees

Maandag Trivia III

Afrika – Afrika maak sowat 20% uit van die planeet se landmassa.

Akkedis – Die kleinste akkedis op aarde, Sphaerodactylus ariasae, is net 16 millimeter lank en kom voor op die eiland Beata wat deel is van die Dominikaanse Republiek.

Albert Einstein – Albert Einstein kon nog nie vlot praat op die ouderdom van 9 nie. Sy ouers was onder die indruk dat hy gestrem is.

Amandels – Amandels is lid van die perske-familie.

Amasone – Die Amasone-rivier is 6 500 kilometer lank.

Baard – Daar is gemiddeld tussen 7 000 en 15 000 hare in ‘n man se baard.

Beatles – Aan die einde van die Beatles se liedjie “A Day in the Life” is daar ‘n ultrasoniese fluit wat net deur honde gehoor kan word. Dit is deur Paul McCartney opgeneem vir sy Shetland-skaaphond.

Beaufort-Wes – Beaufort-Wes het die oudste munisipaliteit in Suid-Afrika.

Bergklim – Die Suid-Afrikaner Cathy O´Dowd het in 1999 die eerste vrou in die wêreld geword wat Everest van die suide en noorde bestyg het.

Bliksemstraal – ‘n Bliksemstraal raak omtrent 30 000°C.

Boeing – Die vlerkspan van ´n Boeing 747 is langer as die Wright-broers se eerste vlug.

Brood en Melk – Daar is nie ´n dorp in Suid-Afrika waar jy nie vars brood, melk, groente en vrugte kan koop nie.

Chris Barnard – Dr. Christiaan Barnard van Suid-Afrika was op 3 Desember 1967 die eerste mens wat ´n hart oorgeplant het.

Dolosse – Dolosse, die sementstrukture wat hawemure teen golwe beskerm, is in Suid-Afrika ontwerp en vir die eerste keer by Oos-Londen se hawe gebruik in 1963. Dit word vandag wêreldwyd gebruik.

Donald Duck – Strokiesprente met Donald Duck word verbied in Finland, omdat Donald nie ’n broek dra nie. Donald Duck se tweede naam is Fauntleroy.

Droom – ‘n Mens droom gemiddeld 1 460 keer per jaar.

Eikebome – Eikebome word meer as enige ander boom deur weerlig getref.

Engelse Kanaal – Feliz Baumgartner het op 31 Julie 2003 op 30 000 voet uit ‘n vliegtuig gespring en oor die Engelse Kanaal gesweef tot in Frankryk en sodoende die eerste persoon geword om die kanaal op die manier oor te steek.

Film – Die eerste filmvertoning in Suid-Afrika was op 9 Mei 1896 by die Empire Theatre of Varieties in Johannesburg. Dit was ‘n film van RW Paul. Die eerste film wat in Suid-Afrika vervaardig is, was ‘n kort film wat aan die voorkant van ‘n trem opgeneem is in Johannesburg in 1896. Die eerste vollengte, Suid-Afrikaanse speelfilm langer as 1 uur was De Voortrekkers in 1916. Die eerste Suid-Afrikaanse rolprent met ‘n klankbaan was Moedertjie in 1931. Daar is meer as 1 000 geregistreerde filmmakers in Suid-Afrika. Fespaco is die grootste filmfees op die Afrikakontinent. Dit vind tweejaarliks plaas in Ouagadougou in Burkina-Faso.

Garnaal – n Garnaal se hart sit in sy kop.

Gat – Die Groot Gat in Kimberley is nie die wêreld se grootste gat wat met die hand gegrawe is nie. Die Jagersfontein Myn, suid-wes van Bloemfontein, is die grootste. Die diepste gat wat die mens gegrawe het, is die Kola-boorgat in die noorde van Rusland. Die gat is 12.26 km diep. Die voormalige Sowjet Unie het daarmee begin en 24 jaar later eers opgehou, omdat dit te warm begin word het.

Gholfbal – n Gholfballetjie het 336 kuiltjies.

Goud – n Stuk suiwer goud so groot soos ´n vuurhoutjiedosie kan platgemaak word tot ´n dun plaat so groot soos ´n tennisbaan

Halley se komeet – Halley se komeet neem 76 jaar om sy wentelbaan te voltooi in ons sonnestelsel.

Insekte – Sowat ´n tiende (meer as 100 000) van die wêreld se insekspesies word in Suid-Afrika gevind. Daar is omtrent 10 000 000 000 000 000 000 insekte saam om die aarde. Saam weeg hulle omtrent 300 keer meer as die hele mensdom.

Johannesburg – Johannesburg is vernoem na ene Johann Rissik en Christiaan Johannes Joubert. In 2007 het Johannesburg 6 miljoen bome gehad.

Kakkerlak – n Kakkerlak kan nege dae sonder ´n kop leef voordat dit sterf … van honger.

Klimtol – In die sestiende eeu is klimtolle as wapens gebruik in die Filippyne.

Kondome – Kondome is vir die eerste keer in die 16de eeu gebruik, hoewel daar rekords is van Egiptenare wat dieremembrane vir die doel aangewend het. Die massaproduksie van kondome het na die eerste patentering in 1844 begin.

Laser – Die woord laser is die letterwoord vir Light Amplification by Stimulated Emission of Radiation.

Leuens – n Mens lieg gemiddeld twee keer per dag. Mense is meer geneig om leuens te vertel tydens sosiale interaksie, 25% van die tyd.

Longe – James D. Hardy het die eerste longoorplanting gedoen op 11 Junie 1963 in Jackson, Mississippi in die VSA.

Mars – Mars het twee mane, Deimos en Phobos. Die twee Mars-tuie, Spirit en Opportunity moes 483 miljoen kilometer reis om by die planeet Mars uit te kom. Die planeet Mars het ‘n rooierige kleur, want die rotse op die oppervlak is geroes.

Mikrogolf – Die mikrogolf is ontdek toe ´n wetenskaplike verby ´n radarbuis gestap het en die sjokoladestafie in sy sak gesmelt het.

Muskiet – n Muskiet het 47 tande. Swerms muskiete in die Noord-Kanadese poolstreke kan ‘n mens binne vier ure leeg suig.

Nies – Dit is onmoontlik om met jou oë oop te nies. ’n Nies kan tot 6 miljoen virusse bevat. Jy kan nie nies terwyl jy slaap nie.

Olifant – Alle soogdiere kan spring, behalwe olifante. ‘n Olifant is die enigste soogdier met 4 knieë. Olifante kry ses stelle tande in ‘n leeftyd. Deur sy ore te flap kan ‘n olifant sy liggaamstemperatuur met 3 grade afbring. Die grootste landsoogdier is die Afrika-olifant wat 3,5 meter hoog word en tot 6 ton kan weeg.

Oorfone – Die dra van oorfone vir 1 uur vermeerder die bakterieë in jou oor met 700 keer.

Oppervlak – Suid-Afrika is 1 219 090 vk. km groot.

Oxford – In 1355 het ‘n geveg uitgebreek in die dorpie Oxford in Engeland. Studente aan die universiteit en plaaslike inwoners het stry gekry oor die kwaliteit van die wyn by ‘n plaaslike kroeg. Amper 100 mense het in die geveg gesterf.

Papier – Geen stuk papier kan meer as sewe keer in die helfte gevou word nie.

Pen – Ongeveer 100 mense sterf elke jaar omdat hulle aan hul penne verstik het.

Posbus – Susamibaai in Japan het ‘n onderwaterposbus. Die posbus is 10 meter onder water en word sedert 1999 deur duikers gebruik. Die plaaslike poskantoor haal elke dag die briewe uit.

Sigaretaansteker – Die sigaretaansteker is uitgevind voor vuurhoutjies.

Sjokolade – Die gemiddelde sjokoladestafie het 8 insek-bene in. Sjokolade kan honde doodmaak! Sjokolade tas honde se hart en senuweestelsel aan. Genoeg sjokolade kan ’n hond in ’n kort tydperk doodmaak. Die Switsers eet die meeste sjokolade, ongeveer 9 kg per persoon per jaar.

Soen – n Persoon sal gemiddeld 2 weke lank soen in ‘n leeftyd. Die soen wat algemeen bekend is as ‘n “French kiss”, is in Frankryk bekend as ‘n “English kiss”. Deur vir 1 minuut lank te soen verbrand jy 26 kalorieë.

Venus – Een dag op die planeet Venus is ongeveer 243 Aard-dae lank.

Ysbeer – Ysbere is linkshandig. ‘n Ysbeer se vel is swart. Dit is die deurskynende hare daarop wat ´n ysbeer laat wit lyk. ‘n Ysbeer kan ‘n maaltyd van tot 50 kg op ‘n slag eet.

Bron: Roekeloos

4 thoughts on “Maandag Trivia III

  1. Baie interessant…die ene oor die papier wat nie meer as 7 keer gevou kan word nie is deur die mythbusters gebust! Maar nou moet ek se hulle het vrek dun papier gebruik en dit was omtrent so groot soos ‘n sokkerveld. Hulle het dit iets soos 11 keer gevou. Maar gewone papier is ‘n mission om meer as 7 keer te vou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s