Gedagtes

Winterslaap

Ek WIL skryf. Regtig. Ek WIL. Snags dans die stories ’n riel in my kop. So tussen slaap en wakker woel die karakters om my bed. Hulle LEEF, baklei, vry, moor en begin weer voor. Ek vertel myself om te onthou wie het wat wanneer aan wie gedoen, maar as die oggend sy oë oopmaak, het elke bleddie een verdwyn in die niet.

Ek het al die raad probeer van slaap met die pen en die boekie langs die bed, maar ek is heeltemal te lief vir slaap om droomdeurdrenk op te spring en te begin skryf. Ek flenter eerder slaapbeneweld saam met my karakters rond en in die oggend is ek soos een met ‘n winddronk babbelas – bitter spyt. En hulle is terug agter die kas.

Hoekom verdomp kom kuier die stories nie in helder daglig nie? Veral noudat dit winter is. Want die laaste week of wat, noudat die reën gekom het en dit witkoud is, nou woel die klomp eers. Weet hulle dan nie verdomp dis winter en ek is ‘n nul op enige kontrak as dit koud is nie? Ek loer nie eers meer vir hulle nie, want dit sal beteken ek moet my kop te ver bo die komberse uitsteek. Ek los hulle nou maar met hulle dramas en dinge snags.

Hopelik, as die lente weer kom, sal hulle nog hier wees!

4 thoughts on “Winterslaap

  1. Net een manier om daai nagstories in die dag op te roep – ‘n pynlike manier! Sit op ‘n stoel voor jou rekenaar met ‘n skoon Word dokument voor jou … Tik bo-aan HOOFSTUK 1 … Tik die eerste woorde neer wat in jou kop opkom, al is dit net vyf. En more gaan jy terug, lees daardie vyf oor … en voor jy weet waar jy is, het hulle vyftien geword. Of vyftig …

  2. Ooo ek ken daardie gevoel hopeloos te goed. Asook die erge frustrasie wat volg wanneer daardie woord-kraan eers verstop is. Ek hunker skielik na die lente soos n ou verlore liefde. Ek eggo wat Antie Koekie gese het, selfs uit die ‘niks’ maak jy ‘iets’ en is dit ewe genotvol om te lees. x

  3. Ek het ok al daai een van pen en boek by die bed probeer, maar sover wou dit nog nie werk nie. Maar dié post van jou is so mooi en lekker geskryf, dit het nie ‘n storie met karakters nodig nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s