Raak gelees

Maandag Trivia II

Aandelebeurs – Suid-Afrika se eerste aandelebeurs was op Barberton, Mpumalanga

Aantrekkingskrag – In Suid-Afrika is die aantrekkingskrag die hoogste in die middel van die dorp Trompsburg.

Advertensies – Die tyd wat in meeste advertensies aangedui word is 10:10.

Ai – ’n Ai se metabolisme is so stadig dat dit 30 minute onder die water kan bly sonder om te verdrink. (’n Paddatjie in die reënwoude van Suid- en Sentraal-Amerika)

Al Capone – Volgens Al Capone se besigheidskaartjie was hy ‘n meubelhandelaar.

Amerikaanse president – Geen Amerikaanse president was die enigste kind nie.

Anale seks – Anale seks tussen mans was aan die orde van die dag in antieke Griekeland.

Angs – Een uit elke vyf persone ly aan ‘n angsversteuring.

Bankkaart – Suid-Afrika was die eerste land ter wêreld waar kliënte met ’n bankkaart van een bank by ’n ander bank se OTM kon geld trek.

Berge – Vanweë die aarde se swaartekrag kan berge nie hoër as 15 000 m wees nie. Suidelike Afrika se hoogste berg is Thabana Ntlenyana (3 482 m) in Lesotho. Die naam beteken Oulike klein berg. Suid-Afrika se hoogste piek is Mafadi (3 446 meter) wat deel is van die Drakensberge. Die hoogste berg in Afika is Kilimandjaro in Tanzanië. Die piek van die uitgewerkte vulkaan is 5 892 m bo seevlak. Die hoogste berg in ons sonnestelsel is Olimpus Mons op Mars. Dit is hoër as 25 000 m.

Bloed – Die hoeveelheid bloed wat elke drie minute deur die menslike brein vloei is gelykstaande aan omtrent drie blikkies koeldrank.

Blouwalvis – ‘n Blouwalvis se hart is so groot soos ‘n klein motortjie.

CD – Die CD is reeds in 1979 uitgevind.

Eiffeltoring – Die Eiffeltoring in Parys is 15 cm hoër in die somer.

Elvis – Elvis het ‘n tweeling boetie gehad wat met geboorte gesterf het, sy naam was Jesse Garon Presley.

Frankryk – Franse bruide breek ’n eier op die drumpel van hul nuwe tuiste voor hulle binne gaan. Dit sorg vir geluk en gesonde baba’s.

Gil – Indien jy aaneen gil vir 8 jaar, 7 maande en 6 dae sal jy genoeg energie produseer om een koppie koffie warm te maak.

Glase klink – Om te wys dat die wyn nie vergiftig was nie het die middeleeuse gasheer die gas se wyn in sy glas gegooi en eerste gedrink. Indien die gas sy gasheer vertrou het, het hy sy glas geneem en geklink met die van sy gasheer ter aanduiding dat die gasheer se gebaar onnodig is. So het ons begin glase klink.

Hoëhakskoene – Hoëhakskoene is oorspronlik vir soldate ontwerp. Dit was om te keer dat hul voete uit die stiebeuels glip wanneer hulle perdry. Dit het gou mode geword in die Franse koningshuise onder mans en vrouens.

Huweliksdrankie – Dit is die gebruik onder mans in seker Afgaanse stamme om ’n drankie met warm bulsperm te drink op hul huweliksnag. Hulle glo dit is ’n geslagsprikkelaar.

Kalkoen – ’n Kalkoen kan verdrink as dit opkyk in die reën.

Kitaar – Kitaarsnare is oorspronklik gemaak van die ingewande van ’n kat.

Leeftyd – Regshandiges leef gemiddeld 9 jaar langer as linkshandiges.

Mans – Getroude mans kan tot 10 jaar langer leef as ongetroudes.

Orkaan – ’n Orkaan stel meer energie vry in 10 minute as al die kernbomme in die wêreld saam.

Picasso – Picasso kon teken voor hy hy kon stap. Picasso se eerste woord was “potlood”. Picasso is gedoop as Pablo Diego José Francisco de Paula Juan Nepomuceno María de los Remedios Cipriano de la Santísima Trinidad Martyr Patricio Clito Ruíz y Picasso. Met sy geboorte het die vroedvrou gedink Picasso is doodgebore en het sy hom op ‘n tafel gelos, terwyl sy na sy moeder omsien. Sy oom, dokter Don Salvador, het hom opgetel en sigaarrook in sy gesig geblaas. Met dié het baba Picasso begin skree. In 2006 het die magnaat Steve Wynn ingestem om sy skildery van Pablo Picasso, Le Rêve, te verkoop vir $136 miljoen (ongeveer R1 biljoen). ‘n Dag voor die koop afgehandel moes word het Wynn per ongeluk sy arm deur die skildery gedruk.

Sjampanjekurk – Die kanse is groter dat jy deur ’n sjampanjekurk gedood kan word as deur ’n giftige spinnekop.

Termiete – Al die termiete op aarde weeg meer as al die mense op die planeet. Termiete sal jou huis twee maal vinniger opeet as jy harde musiek speel.

Tong – Die sterkste spier in die menslike liggaam is die tong. Elke mens het ‘n unieke tongafdruk.

Tweeling – ‘n Identiese tweeling het identiese DNA, maar nie identiese vingerafdrukke nie. DNA beheer nie die velpatrone van vingers nie.

Winston Churchill – Die staatsman Winston Churchill is gebore in ‘n dameskleedkamer by ‘n danspartytjie.

Bron: Roekeloos

15 thoughts on “Maandag Trivia II

  1. Dis nou ‘n lekker pos. Sal heel week oor hom kan tob. Picasso… met so ‘n naam sou ek ook net my van gebruik, en die arme Wynn ou… eina.

  2. Jinne… Gedooriewaar….

    Vragie❓ so what as die aantrekkinskrag sterker in Trompsberg is? Hoe affekteer dit die imwoners?

    Eiffeltoring:?: Hoekom?

    Ek sidder om te dink hoe hulle die kalkoen een uitgevind het :mrgreen:

    1. In Trompsburg staan jy vaster op die aarde as gevolg van die aantrekkingskrag, so jy val nie so maklik om nie 😆

      Eiffeltoring – Staal sit uit as dit warm word

      1. Girlie, hoe verder jy weg beweeg van die middelpunt van die Aarde hoe minder is die invloed van die Aarde se aantrekkingskrag. Die Aarde bult uit op die ewenaar so jy sal daar minder weeg as op die pole. Hoe meer ‘n voorwerp van ‘n bekende massa weeg hoe sterker is die aantrekkingkrag daar waar dit geweeg word. Aantrekkingskrag kan dus experimenteel gemeet word.

        Dit is interessant om te noem dat alhoewel massa ‘n sentrale begrip van klasieke meganika is ons eintlik nog nie weet wat dit veroorsaak nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s