Raak gelees

Maandag Trivia

Adolf Hitler – Adolf Hitler was ‘n vegetariër en het net een testikel gehad.

Afrikaner – Die kinders van Europeërs en slawe wat aan die Kaap gebore is in die 17de en 18de eeu was gesogte slawe. Die Britte het na dié mense verwys as Afrikaners.

Athos – Geen vrou word op die eiland Athos, langs Griekeland, toegelaat nie. Die eiland behoort aan monnike sedert 1045, en geen vrou word sedert daardie jaar toegelaat nie. Tot onlangs is selfs nie vroulike diere hier toegelaat nie.

Baba – Daar word elke dag gemiddeld 12 babatjies aan verkeerde ouers gegee by hospitale. Meer seuns as meisies word bedags gebore; meer meisies word snags gebore.

Beethoven – Beethoven het sy kop onder koue water gedruk net voor hy gekomponeer het.

Bene – Een kwart van die bene in jou liggaam is in jou voete.

Besparing – American Airlines het $40,000 in 1987 bespaar deur een olyf uit elke slaai wat in eerste klas bedien word te verwyder.

Bier – ‘n Biervloed het Londen in 1814 getref toe ‘n reuse biervat gebars het. Meer as ‘n miljoen liter bier het weggespoel. Nege mense is dood in die vloed – een weens alkoholvergiftiging.

Boetebessie – Die woord boetebessie het sy ontstaan gehad toe die ‘n joernalis, Frank Burger, besluit het dat Suid-Afrika se eerste vroulike verkeerskonstabel ‘n bynaam moes kry. Haar naam was Bessie Liebenberg. Hy het na haar verwys as Boetebessie en die naam word vandag nog gebruik vir vroulike verkeersbeamptes wat boetes uitskryf.

Coca-Cola – Coca-Cola sal groen wees sonder kleursel.

Colgate – Colgate beteken “gaan hang jouself” in Spaans.

Duiwelspiek – Volgens Kolbe was Windberg die amptelike naam vir Duiwelspiek, maar dit is Duiwelsberg genoem deur die inwoners self, as ‘n soort bynaam. Albei name was volgens hom egter te danke aan die geloof dat die berg die eintlike oorsaak is van die stormagtige, skadelike suidooste wind. Dit is eintlik ‘n suidwestewind wat waai, maar sodra die wind om hierdie berg kom, verander dit van koers en word die Suidooster, wat baie skade in die Tafelvallei kan aanrig. Sowaar ‘n “duivelse” berg!

Egipte – Die Ou Egiptenare het juweliersware vir hul krokodille, wat hulle as troeteldiere aangehou het, gekoop

Elektriese stoel – Die elektriese stoel is deur ´n tandarts ontwerp.

Facebook – Daar is nie eenstemmigheid van hoeveel gebruikers Facebook werklik het nie, maar dit is beslis meer as 100 miljoen, party meen binnekort meer as 200 miljoen. Ongeveer 1 uit elke 40 persone het ‘n Facebook-profiel. Indien Facebook ‘n land was sou dit een van die grootstes wees, omtrent so groot soos Brasilië. Die land sou beslis meer as 11 amptelike landstale gehad het.

Hart – Die meeste hartaanvalle vind tussen ag en nege in die oggend plaas.

Hottentotsgot – ´n Sekere soort hottentotsgot kan net paar wanneer die wyfie die mannetjie se kop afbyt. Die Hottentotsgot word deur die San beskou as ´n simbool van goddelikheid.

Jan van Riebeeck – Die bekende afbeelding van Jan van Riebeeck, soos op die ou Suid-Afrikaanse note, is glad nie sy gesig nie. Dit is dié van ene Vermuyden. Daar is geen afbeelding van hoe Maria van Riebeeck gelyk het nie. Die standbeeld van haar in Kaapstad is eintlik die eggenote van die voorsitter van die Nederlandse komitee wat in 1952 gehelp het om die Van Riebeeck-fees in Kaapstad te reël.

Kaarte – Elke koning in ´n stel speelkaarte verteenwoordig ´n groot koning uit die geskiedenis: Skoppens – Koning Dawid; Hartens – Karel die Grote; Klawer – Aleksander die Grote; en Ruitens – Julius Caesar.

Kangaroo – Die woord “kangaroo” beteken “ons verstaan jou nie”.

Knie – ´n Baba word gebore sonder knieskywe. Dit onwikkel tussen die ouderdomme van 2 en 6.

Koei – Jy kan ´n koei trappe laat klim, maar nie laat afklim.

Kopstamp – Deur jou kop aanhoudend teen die muur te stamp sal jy sowat 150 kalorieë per uur verbrand.

Krieket – Die eerste internasionale krieketwedstryd in Suid-Afrika is in Matjiesfontein gespeel.

Lag – In 1962 het ‘n groep skoolmeisies in ‘n dorp in Tanzanië onophoudelik begin lag. Hierdie lagbui het later ‘n epidemie geword. Die hele gemeenskap het later gelag. Omringende dorpe se inwoners het aangesteek voor die owerhede ingegryp het en skole in die area gesluit het. Die lagepidemie het ses maande geduur.

Lipstiffie – Die meeste soorte lipstiffie bevat visskubbe. ‘n Vrou sluk gemiddeld 2,5 kg lipstiffie in in haar leeftyd.

Medies – Dr James Barry was ‘n prominente figuur in die Suid-Afrikaanse mediese geskiedenis wat die eerste keisersnee aan die Kaap gedoen het. Na sy dood in 1865 is daar uitgevind dat hy toe al die tyd ‘n sy was.

Mier – Miere sal nooit oor ´n wit lyn op ´n rugbyveld loop nie. Hulle is allergies vir die wit kalk. Daar is meer miere as enige ander lewendige ding op aarde.

Naai – Die taboe-woord naai kom van die Maleis-Indonesiese woord vir ‘n Nederlandse burger se Asiër-skelmpie. In die tyd wat Nederland gebiede in die Verre-Ooste regeer het het heelwat Nederlandse mans verhoudings met Asiatiese vroue aangeknoop. Simon van der Stel was byvoorbeeld die produk van so ‘n vermenging.

Oorlog – Die kortste oorlog tot op datum was tussen Zanzibar en Engeland in 1896. Zanzibar het na 38 minute oorgegee.

Optimis – ‘n Optimis se kans om aan siekte dood te gaan is 55 persent kleiner as die van ‘n pessimis.

Pêrel – Pêrels smelt in asyn.

Romeine – Die ou Romeine het ‘n gas soveel bekers wyn aangebied as wat daar letters in sy/haar naam was.

SA produk – Die enigste Suid-Afrikaanse produk wat al op die maan was is Pratley Putty. Dit het dele van die Apollo 11 aanmekaar gehou in 1969.

Seekoei – Seekoeisweet is ´n natuurlike sonbrandmiddel met antibiotiese eienskappe.

Seks – ´n Persoon sal gemiddeld 3000 keer seks hê in ´n leeftyd. In Lebanon is seks met ´n vroulike dier wettig, maar nie met ´n manlike een nie. Mense, ape en dolfyne is al soogdiere wat seks vir plesier het.

Son – Indien die son skielik ophou skyn sal dit ag minute neem voor ons dit agterkom.

Suurlemoene – Van alle vrugte, bevat suurlemoene die meeste suiker. Dit proe suur omdat die suiker so gekonsentreer is.

Tweegeveg – Tweegevegte is wettig in Paraguay solank albei vegters geregistreerde bloedskenkers is.

Vet – Mense wat maklik kwaad word eet meer as ander.

Bron: Roekeloos

6 thoughts on “Maandag Trivia

  1. Interessant… so naai is eintlik nie ‘n werkwoord nie? ek wonder of jou naam en van getel het vir die wyn-storie?
    Dankie… ek hoop ons kry die elke week!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s