Raak gelees

Dodelike portrette

Hierdie is raar, maar waar:

In 1907 was André Marcellin ‘n baie bekende kunstenaar in Parys, Frankryk. Hy het pragtige landskappe geskilder, maar nooit sy hand gewaag aan die skilder van enigiemand se portret nie. Wanneer hy ookal navrae gehad het van iemand wat hul portret geskilder wou hê, het hy altyd geweier. “Ek weet nie werklik hoekom nie,” sou hy dan antwoord, “maar vir een of ander rede het ek ‘n aardige gevoel oor die skilder van iemand se portret.”

‘n Paryse bankier was egter vasbeslote dat Marcellin sy portret moes skilder. Hy het aangehou en aangehou karring aan Marcellin totdat die kunstenaar uiteindelik teensinnig ingestem het. Baie trots en in sy skik met homself, het die bankier vir dae lank doodstil gesit terwyl Marcellin sy portret skilder. Uiteindelik was die portret klaar. Twee dae later sterf die bankier.

Marcellin was met afgryse vervul. Vir ses maande daarna het hy niks anders as landskappe geskilder nie. Toe, op ‘n dag, kry hy hierdie onverklaarbare drang om weer ‘n portret te skilder, hierdie keer van ‘n jong dame. Weereens, twee dae nadat die portret voltooi is, sterf die jong dame.

Marcellin se vriende het hom verseker dat die twee persone se dood bloot toevallig was en om dit aan hom te bewys, het hulle aangedring dat hy een van hulle se portret skilder.

Na die voltooiing van sy portret, was Marcellin se vriend heel in sy noppies met die eindproduk. Hy het Marcellin betaal vir die portret en dit huis toe geneem.

Twee dae later was die vriend nog springlewendig en Marcellin het begin ontspan. Op die oggend van die derde dag moes hy egter die tragiese nuus aanhoor: sy vriend is daardie oggend skielik en onverwags oorlede.

Marcellin het besluit sy portrette is vervloek en het gesweer dat hy nooit, ooit weer ‘n portret sou skilder nie.

In 1913 ontmoet André Marcellin ‘n pragtige vrou, Francois Noel. Kort voor lank raak die twee verloof en begin hul troue beplan. Francois was egter ‘n baie ydel dametjie en wou haar jeugdige skoonheid laat verewig. Sy het haar verloofde gesmeek om haar portret te skilder.

Marcellin het botweg geweier. Hy wou nie die noodlot tart nie en het haar vertel van die vloek op sy portrette. Sy het hom egter uitgelag en gesê sy vrese is belaglik. Hy het bly weier totdat sy hom uiteindelik voor ‘n keuse gestel het – óf hy skilder haar portret óf sy kanselleer hulle troue.

Marcellin wou haar nie verloor nie en het uiteindelik ingegee en ‘n pragtige portret van sy geliefde geskilder. ‘n Week later was die skone Francois Noel dood.

Vir weke aaneen het Marcellin net gesit en treur, verpletter deur skuldgevoelens en wanhoop. Hy het in sy ateljee weggekruip, maar nie aan ‘n verfkwas geraak nie. Toe, op ‘n dag, het hy weer begin skilder. Sy nuwe werk was… ‘n selfportret.

‘n Paar dae nadat hy dit voltooi het, is André Marcellin oorlede.

Bron: http://books.google.co.za

11 thoughts on “Dodelike portrette

  1. Freaky!! Baie freaky!!!

    Wys net, ‘n mens moet na daardie stemmetjie luister. Ek wonder nogal wat die wetenskaplike of is dit nou toevallige verduideliking daarvoor sal wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s