Gedagtes

Net ‘n paar gevleuelde woorde

Voor ek hierdie blog volstoom kan afskop, het ek nodig om ‘n paar gevleuelde woorde te spreek om die spook van Sonkind te besweer.

Vir 3 jaar was ek Sonkind. Dis dus te verstane dat ek daardie mantel slegs met tyd sal kan afskud. Ek het vrede daarmee. Toe ek begin blog het, was ek dom en onervare, ‘n internet-“kind”. Daardie kind het, net soos een in die werklike wêreld, intussen grootgeword en op die pad na internet volwassenheid ‘n paar duidelike en harde lesse geleer.

Die laaste jaar of wat het baie van die goeie bloggers opgepak, weggepak en toegemaak. Die groot rede, dink ek, was ontnugtering met die blogwêreld. Met die feit dat baie bloggers nie in die regte lewe is wie hulle in die bloglewe is nie. Met die feit dat mense soms hul anonimiteit in die bloglewe gebruik om wreed te wees teenoor andere, om uitsprake te maak en op maniere op te tree wat hulle andersins nooit in die werklike lewe die moed voor sou hê nie.

Baie van ons blog omdat ons van die interaksie met ander mense hou, hou van die terugvoer oor ons eie skeppings, selfs al is die kritiek nie altyd gunstig nie. Ons weet ons is raakgesien, raakgelees. Om te skryf, is kreatief, is skeppend. Bitter min kreatiewe mense wat skep, doen dit net vir hulself. Nee, ons doen dit, want ons wil hê mense moet ons skeppings sien, lees, waardeer. Niks daarmee verkeerd nie.

Waar die ding verkeerd loop, is wanneer ons begin vergeet hierdie IS NIE die regte wêreld nie, hierdie is kamma-kamma. Dis so goed ons vergeet dat die karakter in die sepie presies net dit is: – ‘n karakter. Doen hy iets in die sepie wat ons bloed laat kook en ons loop hom op ‘n dag in die regte lewe raak en vreet hom van ‘n kant af uit, dan het ons die “plot” verloor.

Ek het ook met tye daardie fout gemaak. Sonkind het met tye die draad van die storie ernstig verloor. Gelukkig nie vir altyd nie.

En omdat hierdie nie die regte lewe is nie, kan ek vir Sonkind begrawe en nuut begin. Klein genade.

Die woorde van Koos Doep se Kouevuur het vir my spesiale betekenis, dus het ek gekies om dit my nuwe blog se naam te maak. Vir die res gebruik ek my eie naam, want dit is wie ek is. En altyd sal wees.

En ek het gekies om by WordPress te bly, want maak nie saak wie julle is nie – of jy nou blog as jouself, of as die Queen of as Piet Retief of Dingaan (net nie Malema nie 😈 ) ek voel tuis hier. Klaar.

28 thoughts on “Net ‘n paar gevleuelde woorde

  1. Kaalgat by ‘n Koue Vuur? Sjoe. Bummer.

    Ja, ek kry die week nog ‘trekkers’ teen die pad, en dis nogal sad dat mense oppak en waai. Heelwat sad.

  2. A new beginning is not necessarily a brand new start, but it certainly can lead to a brand new ending.
    And good endings are what leave us with contented smiles about each memory in our lives.
    Here’s wishing you a wonderful new beginning to a blogging journey that will pave the road to a beautiful ending this time round.

    (( ☼ ))

  3. Welkom terug. Bly jou Son het toe nie heeltemal onder gegaan nie 😀
    Ja, party mense blog vir die geselskap, ander om van hulle lewe te vertel en ander soos ons daar by skalkskryf om ernstig met idees te spook.
    Hou aan skryf, dis goed vir die siel al gooi hulle jou soms met klippe. Die siel het dit ook nodig :mrgreen:
    En kom kuier weer op ons werf, ons geniet jou op en aanmerkings.

  4. Agteros kom ook in die kraal. Welkom, Anne-Marie – ek hoop hierdie blog bring vir jou eindelose vreugde.

    En ja! Jy en DMI moet asseblief julle storie klaarmaak! My en Emil s’n het die vismotte al opgevreet … 😆

  5. Hierdie pos van jou laat my dink en ek besef al meer en meer dat ek eintlik geen rigting het my blog nie. Ek kon myself ook nie antwoord toe ek myself afvra hoekom ek blog nie. Al antwoord was dat dit lekker is, maar presies in wat die lekker le, kon ek nog nie antwoord nie. Dit klaar gese wil ek net nog se: Ek is bly Anne-Marie het die uit blogwerel verdwyn nie, maak nie saak wat die naam van haar blog is nie.

  6. Toe ek jou komentaar op ‘n ander plek lees kliek ek nie dadelik dit is jou regte naam wat jy gebruik nie. Dubbel duh vir my. 🙂

    Welkom terug, goed om jou weer te sien.

Lewer kommentaar op anne-marie Kanselleer antwoord