Raak gelees

Die ligter kant van die wet

Op ‘n dag, gedurende ‘n redelike hoë profiel verhoor, word ‘n bekende sielkundige geroep om te getuig. Sy is ‘n baie streng, geen-nonsens persoon en met die plaasneem in die getuiebank, sien sy nie dat die getuiestoel se agterste twee bene gevaarlik naby die kant van die platform is nie.

“Kan u asseblief u naam aan hierdie hof verskaf?” is die staatsprokureur se eerste vraag aan haar. Terwyl sy agteroor leun in haar stoel en haar mond oopmaak om te antwoord, gee die stoel pad na agtertoe en die sielkundige land heel onwaardig tussen ‘n hoop bewysstukke en ander toerusting.

Stom geskok kyk almal in die hof hoe sy haarself regop trek, haar deurmekaar klere en hare regtrek, haar stoel weer staanmaak en gaan sit. Haar ysige kyk is genoeg om enige sweempie van ‘n glimlag op enige iemand se gesig in die kiem te smoor.

“Wel, doktor,” gaan die staatsprokureur onverstoord voort, sonder om ‘n oog te knip of ‘n gesigspier te trek, “ons kan met ‘n makliker vraag begin.”

NS – Die sielkundige se antwoord hierop is nou nog ‘n raaisel😆

5 thoughts on “Die ligter kant van die wet

  1. Welkom terug. Ek sien ek is net 9 dae laat🙂
    Ek vermoed hulle moes daardie antwoord uitveë uit die transkripsie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s