Net soos Korrelkop Kahuna hier geskryf het voel ek ook al lankal. Dis nie dat ek nie WIL skryf nie, ek is actually op die oomblik verwoed besig met my eerste REGTE egte poging tot ‘n boek. Dit sal nou nie die GROOT ROMAN wees nie, maar dalkies sal iemand iewers dit tog ook lees.
Intussen skeep ek my blog af, so nou steel ek maar onbeskaamd Korrelkop se plan. Maar eintlik HET hy mos gesê ons kan ook deelneem
So – lewer kommentaar op hierdie inskrywing in die vorm van ‘n onderwerp of vraag waaroor ek iets moet skryf, truth or dare styl. Niks is taboe nie. Ek sal dan ‘n inskrywing maak oor jou vraag / onderwerp en tag jou dan weer as jy ‘n blog het. Jy kan dan weer jou kommentaar kom lewer, of jy tevrede is of nie en of ek dit moet oor doen.
Gaan mal!





















Kommentaar