Nuwe woord dokument
wit op die skerm
ongeskend
Tart my met die alfabet
uitgestring van a tot z
My kop is leeg
my kop is vol
my kop is toe
my kop is dol
Woorde het ek
ontelbaar veel;
tussen kop en vingers
word my sinne gesteel
Ek wil ‘n storie vertel
van ‘n vrou wat trane tel
van ‘n kind by ‘n deur
van lag sonder seer
van engele wat waak
oor als wat saak maak
Ek het my woorde verloor
voor jy die storie kon hoor






Kommentaar