die kole gloei soos vroeër aande
maar die vuur is in my kop
en ‘n ysige wind skroei my hande
vas om die beker met dop
die ryp is ‘n vlam om my voete
maar die koue brand in my bors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met ‘n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
daar’s te veel met die wêreld gefoeter
daar’s te veel met die mense gemors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met ‘n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
en die helde na al die geploeter
lê diep in die aarde se kors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met ‘n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
vreet my stuk-stuk op
vreet my stuk-stuk op





Hierdie is seker Koos se mooiste lied.
Kom weer.
This is beautiful! Keep penning and keep inspiring!
And thank you for following my blog, my lovely friend! Hope you have a joyful ride in each of your visits..
Subhan Zein
Hi! Thanks for dropping by my blog and taking the time to leave a comment, appreciated
http://www.4otomo.wordpress.com