In die laaste maand of wat, het WordPress skielik ontplof met nuwe bloggers. Ek voel partykeer soos ‘n afkophoender soos ek probeer bybly by alles wat ek wil lees, al die nuwe blogs, al my ou gunstelinge, al die interessante mense, al die wyse woorde, al die strooipratery. Dis soos ‘n Italiaanse familie met broers en susters, ooms en tantes, kinders en kleinkinders, neefs en niggies. En hier en daar ‘n Mafia Don
So elke jaar of wat sit ek ‘links’ hier by my op na nuwe blogs en na ouer blogs van wie die nuwe mense dalk nog nie weet nie. Vandag is dit weer sulke tyd. Ek wil vir elkeen van julle dankie sê vir al die lees vermaak en as ek nie altyd kommentaar lewer nie, is dit bloot omdat ek soms van my foon af lees en sukkel om kommentaar te lewer. Of omdat kommentaar oorbodig was, maar dan probeer ek ten minste die ‘like’ knoppie druk om te wys ek was daar.
Dankie vir elkeen van julle, my tegnologiese vriende en familie! En wat volg is beslis nie in volgorde van belangrikheid nie, eerder net soos waar ek laas gelees het!
A blog dedicated to kindness, generosity, compassion and empathy – a blog full of positive and kind words. I absolutely love to read her posts and I found so much wisdom in them.
Murphy – waar alles regloop, amper soos Toyota
Mnr Nel skryf oor alledaagse waarnemings, spiritualiteit, mense, lewenskuns en opvoeding.
Bileam se donkie – ons aanlyn dominee, een met ‘n warm hart, wat bike ry en ken van rally’s, wat eers mens is en dan dominee, maar altyd man van God.
Doulien – wat speel met woorde
Sidey – a woman as old as the hills and still a kid.
Butternut – ranting, raving, cooking, eating, swearing, laughing, crying, reading, cooking.
Nuusvoëltjie – news, views, photos and musings
Rolbos – een van my lekkerste nuwe leesplekke – eendag, wanneer ek groot is, gaan ek op Rolbos bly.
Nadia se blog – oor skryf – as jy self wil skryf en wenke soek, kom lees hier
Ghia’tjie – het ‘n opinie en is nie bang om dit te lug nie!
Hope – mould maker, mould making instructor, potter and doll maker and BIG hugger *hugs*
Loli – ‘n Skrywer… ’n Mamma… ’n Taxi drywer… met ‘n paar geheime.
Flintie – wat met woorde kan toor as hy die dag lus het
Louisa – en die fraaiste klein Nicola
Wosonki’s – mense wat my na aan die hart lê, op blogland en in die werklike lewe
Boer in Ballingskap – ‘n boer wat homself verban het na Korea, nie omdat hy wou nie, maar omdat Suid-Afrika sy eie profete nie meer eer nie
Nie sommer net nog ‘n Jane nie – ons blog prok
Turksvy’tjie – my ander hartsuster, wat swaar dra aan haar Afrikanerskap, met ‘n hart van goud. Wat lank, lank gelede vir my skulpe gestuur het, sommer net, al het sy my nie geken nie.
Liezel – wat lekker oor die nuutste gadgets skryf
Kop op ‘n blok – wat my altyd laat boekwinkel toe hardloop
Freddie – wat al 9 jaar in Alaska woon en skryf sonder bybedoelings
Kaalvoet in die reën – wat nie meer wil skryf nie, maar darem nog sing
Olga – wat skryf wat sy wil en bogger die res
Alleman – wat net praat as hy werklik iets te sê het
George – met sy 4 x 4 bakkie, Sylvia
Rondomtaliedraai – wat die mooiste foto’s neem
Sonel se hoekie – met net sulke mooi foto’s
Die Merrie – waar mens altyd iets aktueels kan raaklees
Maankind – wat by die see sit en vir die mis en die wolke kyk – in hierdie lewe van haar
Louwie & Joh – ‘n Veelgesprek met mededele
Die Liggie – saam met die Kameel en die Vygie
Perspektiewe – Soms is ’n ander perspektief nodig om die skildery te vervolmaak of dit wat fout is reg te stel.
Annemari – waar Annemari Coetser, die skrywer, die groot trom slaan
Mevrou – wat besig is om haar lewe weer heel te maak
‘n Mooi blog van ‘n mooier vriendin – waar die mooiste woorde gebêre word
Groenwyn – want selfs wyn moet deesdae omgewingsbewus wees
Biscuits – wat die lekkerste en vreemdste stories uitdink
Uit hart op ink – word die mooiste gedigte neergepen
Demoerin – wat eintlik ‘n de-lief-in outjie is
Hannahbi – haar ma se naam was Hannah, Sy’t ‘n bietjie van haar ma se siel in hare gevleg – dus Hannahbi!
As ek iemand gemis het, vergewe my, want die vet weet, julle is deesdae so baie ek vergeet soms waar my eie blog is
NS: - Laaste maar by verre nie die minste nie – Ek het mense vergeet, mense wat my regtig ook na aan die hart lê. Ek het nie ‘n verskoning nie, net dat ek op my reader-lys afgegaan het so ver ek blogs volg en iewers tussen-in moes julle verlore geraak het. Daar is net so vrek baie! Groot ASKIES! Hier is dan die skakels na hulle blogs toe: (en as ek nou nog steeds iemand vergeet het, sal ek vir daardie persoon die beste bottel wyn uit die Kaapse Wynland present gee! Of tjoklits.)
Slakkelak – wat met haar hande skep en op ‘n plaas woon
Antjie Patat – sy loop met haar kop hoog bo in die wolke
Seegogga – met woorde in die wind, wat iewers aanklank sal vind
Jagter – wat so ‘bietjie’ politiek skryf
Kyker – nog ‘n man wat mooi foto’s neem en van verre plekke vertel
Onrus – Rustige Onrustig
Skoor – ons skoorsoeker met die klein (groot) hart!
Gardiol – wat haar aan alles verwonder, terwyl ek my aan haar verwonder
Charms – ‘n gekompliseerde girl
Roer – ons blogfietser
Karen – diereliefhebber en vegetarier
Kaalvoetklonkie – ‘n idealis wat steeds realiteit in die oog hou
Maryke – met haar pienk pantoffels en silwer bikinis





Kommentaar