Sondagmiddag Besoeker

Ons het op die stoep gesit toe die sak met die charcoal in, onder die braai, skielik ‘n skuifgeluid maak. By nadere ondersoek vind ons dit:

Opgekrul binne-in die sak met charcoal, onder die braai

Natuurlik wou ek my nat maak, maar ek het ook besef sy (ja, die slangvanger het gesê dis ‘n ‘SY’) gaan niks doen as ons niks doen nie. En laas het almal so tekere gegaan oor die doodmaak van die klein kobratjie, dat ek besluit het die keer moet ons die saak anders hanteer.

Ek bel toe eers die polisie, hulle sê ek moet die brandweer bel. Ons maak beurte om die sak dop te hou terwyl ons rondbel.

Die brandweer gee my ‘n ander nommer en die vrou by die ander nommer gee vir my Rudie, die slangvanger, se nommer. Soos die geluk dit wou hê bly Rudie skaars 5 kilometer weg en binne tien minute is hy daar. Hy bevestig dis ‘n Kaapse Kobra, een van die giftigste slange van die omgewing, maar speel ewe gemaklik met haar op die gras, sodat ek ‘n paar foto’s kan neem.

Dis Rudie se bene wat daar agter die slang uitsteek!

Op een stadium laat los hy haar en sy is blitsvinnig oor die gras en terug stoep toe, waar ek met die kamera staan. Ek het so half opgestyg, voor ek weggehol het, net na ek die foto hier onder geneem het.

Hierna het ons hom gevra om haar maar eerder te bêre en weg te vat!

Categories: Die Lewe, Sommer net | Tags: , | 38 Kommentaar

Post navigation

38 thoughts on “Sondagmiddag Besoeker

  1. Ag ek sou jou maar aanraai om eerder die onderkleertjies weg te gooi as te probeer wit kry!
    Ek sou my in ‘n ander bloedgroep geskrik het! Whao, moes ‘n ondervinding gewees het?
    En Rudi is koelkop en kalm? Goeiste!!

  2. Hrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr

  3. Hoe wonderlik dat jy dit met ons deel dapper Son! dankie dat jullehaar laat leef, arme ding is seker net so natgeskrik soos jy :) Ek hou van die Chinese lewensuitkyk, want hulle sou nou weer een of ander geluk oor jou laat kom het omdat ‘n slang (en hoe giftiger hoe gelukkiger!) by jou kom bly het… haal diepasem en skink ‘n groen mamba!

  4. a) Ek sit nooit weer op die stoep nie
    b) Ek braai nooit weer nie
    c) Ek trek dadelik uit die huis uit!
    d) Ek kom nie vir jou kuier nie
    e) Rudi het mooi bene……..

  5. Wat ‘n ervaring! Bly hy het nie bose planne gehad nie!

  6. skoor

    Ek BESKEIT my. En dis mildly put!

    • Nee man, jy is mos nie ‘n sissie nie! Jy kon altyd vir Muis voorgestuur het om die slang te vang :lol:

  7. Trots op jou!! Met Bruce wat so erg is oor slange, het ek nou ook al mooi geleer: mens maak NIE ‘n slang dood NIE! :lol:

  8. Eish! Dit klink na baie opwinding vir ‘n Sondagmiddag. Ek is al deur ‘n slang gepik en my eerste reaksie is: Slaat doot!!!!

  9. Ag, met my luck sal daar nou weer niks gebeur as ek by jou kom kuier nie…en ek sou nie eers omgegee het vir die slang nie ;-)

  10. Jinne, Son! DIS nou ‘n opwindende Sondag en definitief ‘n blog werd! Jy is baie bevoorreg. Mens sien nie sommer slange so nie en dit nogal ‘n Kobra. Sou wat wou gee om daar te te gewees het. Slange is koel! :)

  11. Andrew

    Dis mooi fotos en wel gedaan dat jy nie die slang dood gemaak het nie! Lekker inskrywing.

  12. Eintlik wou die meisie net saam kom braai want dit is hoekom sy in die charcoal gele het. LoL!

  13. Ag nee wat, hulle sou vir Avbob moes bel om MY te kom verwyder as dit ek was!

  14. Plasie

    Oooooooh ê ê. Just one small snake is enough.

    Ek bevuil myselfwers én die slang opsluit, and then I scream like a girl. In daai volgorde….

    • Ek het ook altyd so gedink, maar ek was nogal verbasend kalm, ek wou haar net so gou moontlik weg hê van die stoep af. Eers wou ek ‘n ander boks oor die boks druk en dan die boks so in die pad af stoot tot tussen die wingerde en dit dan daar los, maar toe dink ek aan die arme plaaswerkers vanoggend :lol:

      Toe Rudie nou eers daar is en so gemaklik met haar speel, moes ek darem ‘n foto of twee inkry, want mens kry nie aldag so ‘n kans nie. Intussen het ek darem gaan oplees en sou sy gepik het, het mens basies twee ure om te bly leef en moet jy maar maak vir die naaste hospitaal.

      Dit herinner my, ek moet bel en hoor of Stellenbosch se hospitaal teengif aanhou ;-)

  15. My kleinseun is ‘n slangvanger. Ek verbaas my altyd aan hoe kalm hy die slange hanteer. Ek gril as ek net ‘n foto van een sien!

    http://klipindiebos.wordpress.com/2011/08/24/die-slangvanger/

  16. Obviously hou sy van daai stoep. As ons ooit saamkuier, sal ek dalk eerder wil gaan uiteet.

  17. Wat het Rudi toe met die slang gemaak?

    • Hy het gevra of hy haar moet loslaat in die wingerd, of die veld oorkant ons, maar ek het gesê nee, hy moet haar maar eerder wegvat en elders gaan loslaat. So, ek is nie seker waarheen sy is nie

  18. Son, so het jy toe ‘n gulde geleentheid verspeel om ‘n nuwe, oulike en unieke troeteldier aan te skaf wat OOK jou huis en haard sou beskerm. :lol:

  19. Soveel opwinding en dit op ‘n Sondag :shock:

  20. Neeeeeee!!! Ek vat dan eerder nog ‘n paar van my skrikmakers, maar mag ek hierdie een gespaar bly!

  21. Ek sê liewer niks! gelukkig nie slange waar ek nou is nie. Te koud! Sit my sommer van braai en stoep sit af!

  22. Hoe weet hy dis ‘n sy? Daar is nie ‘n handsak of skoene of rooi lippe betrokke nie!

  23. Ek gaan nagmerries kry, ek gaan nou hop elke keer as ek ‘n vreemde geluid hoor :(

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com. Theme: Adventure Journal by Contexture International.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 374 other followers