Maandelikse Argiewe: Januarie 2012
Ek is ‘n moordenaar
Ek het vandag tegnies gesproke ‘n moord gepleeg. Nie net ‘n moord nie, saakbeskadiging ook. Ek het my SIMS vermoor. En ook haar hele huis uitgewis. ‘n Huis van oor die R234 000. Dis al van voor nuwejaar wat ek hink en pink op die gedagte om my SIMS spelery te los. Dit vreet my [...]
Mense wat martel
NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE!!! Ek lees gisteraand die laaste paar sketse in Kom ons sit sommer by die tafel – André le Roux en dit ontstel my so dat ek spyt is ek het ooit so ver gelees. Dis nie ‘n maklike boek nie en ek was vroeër al lus en los dit. Toe [...]
Daar’s iets omtrent ‘n Sondag…
Die hitte golf laag oor die wingerde. Die bamboes windklokke maak ‘klong klong klong’. Die engeltjie windklokkies maak ‘klieng klieng klieng’. Op die radio speel hulle goue oues. Mens ruik die stilte van versadigde mense wat die middagmaal afslaap in donker kamers agter diggetrekte gordyne. Vir ‘n uur of twee-drie staan die aarde stil, staan [...]
Die laaste dag en die Peanut-Sondag
Dis vandag my laaste dag vakansie. Ek weet oor ‘n week of ‘n maand gaan ek seker terug verlang, maar eintlik is ek nou gatvol vakansie gehou. Mens kan net solank niks doen, lees, fliek, niks doen, laat slaap, rondry, niks doen, niks doen. Ek sou nie ‘n baie goeie “lady of leisure” uitgemaak het [...]
Dis die derde dag
Van 2012. Baie mense het vandag weer begin werk. Als is verby. Die kersfeespapier en die sjampanje proppe is saam met die laaste vullissakke weggegooi. Die nuwejaarsvoornemens is teruggebêre in die boks onder die bed of onder in die kas of iewers waar dit donker genoeg is sodat ons vir 365 dae daarvan kan vergeet. [...]





Kommentaar