‘n Nuwe jaar lê voor ons deur
‘n jaar om te lag, te lewe, te leer.
Vergeet van kommer, twyfel en vrees
laat liefde, vreugde en vrede ons keuse wees.
Die nuwe jaar gee vir elkeen van ons
‘n skoon boek, ‘n nuwe kans.
Maak 2012 jul mooiste jaar!
31 Saturday Dec 2011
‘n Nuwe jaar lê voor ons deur
‘n jaar om te lag, te lewe, te leer.
Vergeet van kommer, twyfel en vrees
laat liefde, vreugde en vrede ons keuse wees.
Die nuwe jaar gee vir elkeen van ons
‘n skoon boek, ‘n nuwe kans.
Maak 2012 jul mooiste jaar!
Mag dit ‘n baie mooi een vir jou ook wees!
Ek sien so uit daarna om jou gedagtes te lees die hele splinternuwe jaar lank, Sonstraal! En ek onderneem om te leer hoe om reg te blog – soms wil ek ‘n pos van jou link of vinnig iets invoeg – maar helaas… Die wind kan maar ophou waai in die Kaap, dankie, ons het ongelooflik baie rëen in Gauteng gekry : )
So wonderlik dat ons elke jaar ‘n “nuwe skoon boek kry”!! Om weer voor te begin!! Mooi 2012 vir jou!
‘n Boek met net die beste en positiefste inskrywings vir jou!
Mag die gras groei waar jou bokke wei.
Dankie almal! Net die mooiste vir julle en al die ander wat ook hier lees
baie dankie dit is nou so pragtige boodskap mens sal nie anders as om gelukkig te wees nie !
alles wat mooi en kosbaar is vir jou ook ! <3
Baie nice Youtube!