Die Merrie het hiermee begin, Maankind het die aflosstokkie aangevat en hier is ek ook. Ek is hoeka te lui / besig / mislik (kies die een wat jou die beste pas) om regtig te skryf, so hierdie is ‘n uitweg.

Elkeen het ‘n persoonlikheid – ja, ek weet sommige mens het nie juis een nie – en elkeen het ‘n blog-persoonlikheid. Is die twee so ver verwyder van mekaar soos die Ooste van die Weste? Wel, dis nou julle kans om uit te vind of die Kouevuur eintlik ‘n Son in my kop is, en of ek eintlik nog ‘n derde persoonlikheid ook het.

Vir die volgende 48 uur kan julle enige stelling oor my maak en ek sal antwoord met Koud, Lou, of Warm. (Eerlik, natuurlik)

Go for it! Or forever hold your peace.