Maandelikse Argiewe: December 2011
Tyd om 2011 te groet
‘n Nuwe jaar lê voor ons deur ‘n jaar om te lag, te lewe, te leer. Vergeet van kommer, twyfel en vrees laat liefde, vreugde en vrede ons keuse wees. Die nuwe jaar gee vir elkeen van ons ‘n skoon boek, ‘n nuwe kans. Maak 2012 jul mooiste jaar!
Die pad terug en die GP-Blond
Dinsdagoggend net voor 5 maak ek die laaste plaashek agter my toe. My hart is swaar en my trane sit vlak. Maak nie saak hoe groot hulle is nie, dit bly maar ‘n slegte ding as jou kind ver van jou is. Nie dat mens elke dag hul drumpel wil deurtrap nie, dis net makliker [...]
So begin die Kersnaweek
My ouma het my altyd vertel dat my oumagrootjie in hierdie wereld was, maar nie VAN hierdie wereld nie. Soms het die seer en die swaar van die lewe vir haar onverstaanbaar, onhanteerbaar geword. Soms voel ek soos my oumagrootjie. Ons sou vanoggend 4 uur eers gery het plaas toe, Karoo toe. Gistermiddag na werk [...]
Happy Holidays!
Nog een slapie en 3 ure se werk, dan is ek ook met vakansie. En dan ‘n halwe slapie en ek is oppad Karoo toe. As ek die weerburo kan glo, sal ons tonge darem nie hierdie jaar uithang van die hitte nie. Dit gaan maar NET 31 grade word Ek het myself belowe die [...]
Speak now or forever hold your peace
Die Merrie het hiermee begin, Maankind het die aflosstokkie aangevat en hier is ek ook. Ek is hoeka te lui / besig / mislik (kies die een wat jou die beste pas) om regtig te skryf, so hierdie is ‘n uitweg. Elkeen het ‘n persoonlikheid – ja, ek weet sommige mens het nie juis een [...]





Kommentaar