Ja, want hulle is nie bestuurders nie.

As mens vloek, is dit glo omdat jou woordeskat te kort skiet. Of so iets. Wel, ek is wel ter tale en het ‘n uitstekende woordeskat. Maar… Fok! Fok! Fok!

Jy met jou kotsgeel Nissan bakkie! Ek het jou nou so na aan wat bliksem aan donder is amper in jou kas in gery. Is jy MAL om soos ‘n besetene reg voor aankomende verkeer in te draai! Jy het duidelik ook nie eers ‘n halwe gedagte gegee aan jou vriend wat agterop jou oop bakkie sit nie.

As ek net ‘n duisendste van ‘n sekonde stadiger gereageer het, het ek jou in jou maai in gestamp. Weet jy, ek was SO lus en jaag agter jou aan en gee jou ‘n paar snotklappe.

Kyk, ek bly lekker hier in ‘n plek waar ek nooit eintlik wou bly nie, maar ‘n student met ‘n kar is ‘n ongeluk wat ‘n plek soek om te gebeur. Die goed (ja want hulle raak eers mense as hul klaar studeer het en skiet my maar daarvoor) behoort niks meer as ‘n fiets te ry nie en dan ook dalk een met drie wiele.

Eendag is eendag wat ek nog een van hulle uit hul kar gaan sleep en die sleutels in die rivier gooi. Fok, ek bewe nog steeds, laat ek eerder loop.