Hier op 11-1-11 is ‘n lekker nuwe tag vir ons. Ek het eerste daarvan HIER gelees en besluit om deel te neem. Die persoon wat met die oulike idee vorendag gekom het, kan jy hier te lese kry.
Ek dink almal van ons hou nog steeds daarvan om ietsie in die pos te kry, dis nou in die regte, egte poskantoor se pos. Al is ons nou al so hoogs-tegnologies gevorderd. Party van ons bak lekker koekies, ander brei mooi serpe of slippertjies, ander maak kunstige lapwerk, en so kan ek aangaan. Hier is nou jou kans om iets wat jy self gemaak het te deel met ander bloggers.
As jy wil deelneem, dan maak jy ook so:
Ek belowe hiermee plegtig om aan die eerste 5 mense wat by hierdie inskrywing kommentaar lewer, VOOR die einde van 2011 iets te pos wat ek met my eige twee hande gemaak het. Wat dit gaan wees, sal ek julle so gou moontlik laat weet, ek moet net eers bietjie dink daaroor. En sorg asb dat jou kommentaar ‘n geldige e-pos adres het (ek kan dit sien, so jy hoef dit nie in jou kommentaar te plaas nie), sodat ek julle kan kontak vir ‘n posadres.
So, as jy een van die eerste 5 is, speel jy outomaties ook saam en moet jy die belofte verder vat op jou eie blog. Jy kan natuurlik ook saamspeel, al is jy nie onder die eerste 5 nie, maar ek gaan dan nie vir jou iets stuur wat ek gemaak het nie.
Die van julle wat wil saamspeel, is ook nie beperk tot net 5 nie, dit hang af van hoe fluks jy is. Jy kan besluit jy wil vir 10 of 15 mense wat kommentaar los, elkeen iets tuisgemaaks/gebak stuur. Maar onthou, dis ‘n belofte wat jy nie mag verbreek nie, so dink mooi voor jy jouself commit
Pay it forward!






Hoe lekker was dit om dit in afrikaans te lees! Ek is baie bly jy gaan deelneem!
Dankie Angel
Ek het hierdie vroeer op Facebook by ‘n Amerikaanse vriendin raakgelees en toe gewik-en-geweeg of ek kommentaar wil lewer. (ek het nie!)
No 2
My huiswerk is gedoen.
En ek is sowaar DERDE!!! Ek sal more my belofte plaas…. Dankie jou oulik!!
No 3
AHAA! Ek het juis ietsie om weg te gee!
No 4
Iets pos? Heng! Weet jy wat kos posgeld? Ewntwel, die jaar was die eerste keer dat ek nie nodig gehad het om te baklei om my posbus te hernieu nie. Seker omdat ons ‘n nuwe posjuffer het.
No 5. Ja, ek weet wat kos posgeld – ek pos elke maand vir Megan ‘n pakkie Aberdeen (in die Karoo) toe. En dis glad nie so erg nie, hoor.
…en daar sit ek wragtig die pot mis! Heeltemal geheel en al MIS ini 6de spot!!! Oits!!
Ek looooooooove dit om pos te kry. ‘n Brief met ‘n seël op – ‘n pakkie. Og! Die Toortsie het laat vir my ‘n boek gepos – Man!! dit was nou pure lekkerkry!!
*tsk* laat – laas… soos in verlede jaar – bedoelende dis die laaste keer wat ek iets in die pos gekry het…
EN, EN ek vergeet amper – die ELFkind het vir my tog laasjaar ook iets gepos – jinne, maar ek besef nou eers vir ‘n 21-century girl is ek darem VERY blessed gewees in 2010!!
Beeps – vir JOU, NET vir jou, maak ek dit 6
(Ja ja, hulle kan maar kla ek trek jou voor!)
OITS!!! Rêrig-êrig???!!!! DANKIE Sons!!! Bôie dônkie!!
xx
Wonder wat is die posgeld op ‘n 50kg butchersblock?
PJ – ek het net na Kersfees ‘n pakkie van so omtrent 10kg vir Megan gestuur, met versekering teen R400 (2%, m.a.w. R8) en ‘n boksie van R12 het die stuur van die pakkie my so R60 gekos. Hang af waarheen wil jy daai blok stuur
Dis seker vir my
Ek sal hom sommer kom oplaai, dis ok. hehehehe
Beeps is so dierbaar… jy kan haar maar voortrek! Maar my belofte gaan nou binne die volgende paar minute gepubliseer word…. so…. gou spring!! ek kan nie WAG vir die pos nie!!! Ag, ek sou my voorreg vir BB gegee het, maar nou is jy so oulik….
Pingback: Pakki-ini-pos | Toortsie se Blog
Pingback: Mr Postman « OLGA SE OKSELTJIES
Pingback: Pay it forward tag | NetJane se blog
Pingback: Geskenkie vir 2012 | Toortsie en Kameel